Media
Lag op maat van musiek
4 Junie 2010, Volksblad
Die geliefde ou pruilbektannie Kotie de Villiers praat oor sake van die hart, sake van smart, koeksisters en koekerige susters.
Dié keer lewer tannie Kotie ook ’n motiveringspraatjie vir vroue oor hul lelies en vir mans oor hul pampoenstingels, so tussen liedere en dansies deur.
Kotie wys wat in haar broek steek
3 October 2009, Rapport
Sy is ’n afgetrede operasangeres, maar sy het ’n vuiler bek as Fokofpolisiekar.
En hoewel sy nog bitter is daaroor dat Min Shaw haar om die hoofrol in Hoor my lied
uitgestof het,sing sy deesdae self die Heideliedin kroeë.