Kotie pleeg raad...
Is jy te skaam om jou vriende te vra? Kontak dan vir Tannie. Jou persoonlike besonderhede sal nie vertoon word op tannie se webwerf nie, net jou vragie, skuilnaampie en tannie se antwoord. Wat skort? Ietsie anaal, vaginaal, kinkhoes of rooi- of skurwe hakskene...
Tannie Kotie het onlangs geantwoord
|
Blommetjie van Potch vra:
|
|
Ek is 21 jaar oud, ek en my kêrel van 4 jaar is seksueel aktief. My vriendinne se ek moet ‘n gineakoloog gaan sien, maar ek is te skaam. Het Tannie raad?
|
|
Tannie Kotie antwoord:
|
|
My liewe kind, dit is baie wys van jou om raad te vra, maar kom ons begin by die begin. Eerstens is dit dalk wys om te leer spel. As jy jou matriek voltooi het sou jy nie al van 17 af seksueel aktief gewees het nie. Tweedens, ek hoop julle gebruik ‘n effie, want op fyndraai is ‘n mens se oordeel nie baie goed nie. Dan om te kom by jou vraag, jong dames van vandag sukkel van
'n vroeë ouderdom af met baie vroulike probleme o.a. siste op die eierstokke. Dit is wys om ‘n ‘ginekoloog’ te sien en so elke nou en dan die geute skoon te maak. Skraap jou uteris!
|
|
Meisiekind vra:
|
|
Ek is skaam om seks te he saam met my kêrel want ek het ‘n moesie op my plekkie. Gaan dit hom afsit. Ek wil hom nie graag verloor nie, dink Tannie ek moet dit uitsny?
|
|
Tannie Kotie antwoord:
|
|
My ding. Moet glad nie skaam wees nie. Jy is gebore met jou moesie op jou 'plekkie' soos jy dit noem, ek verkies die woord vulva. Ek dink nie dit is 'n rede om dan jouself heeltemal te ontneem van die vreugde van ongebruidelde passie nie. As hy rêrig lief is vir jou, sal hy die vrat op jou apie as iets uniek en mooi sien aan jou. As dit jou so erg pla, skryf gerus weer en dan sal ek vir jou 'n dokter aanbeveel wat baie mooi en netjies die moesie kan verwyder. Hy doen ook 'n prosedure genaamd 'n Labioplastie, maar meer oor dit later. Dit is vir die ouer dames.
|
|
Oom Grobbie vra:
|
|
Het Tannie dalk boere raad vir aambui probleme?
|
|
Tannie Kotie antwoord:
|
|
Ja my mens, ek kom ook mos uit die oudedoos, so boere rate het ek by my moeder en Ouma Tossie geleer. My mammie het altyd gesê, as jy voel jou anus pla en dis nie 'n stoelgang nie, is dit 'n aambui en dan doen jy
die volgende... Sny 'n rooi patat in die vorm van 'n potlood en laat lê hom bietjie in water vir so minuut of twee dat hy lekker vogtig is. Stadig maar seker druk jy dan
die potlood-patat in jou anus op. Oppas dat jy nie die rektum raakdruk en nog onnodige pyn veroorsaak nie. Perforeer dan nie aambui. Jy sal duidelik voel waar hy sit. Sper dan jou bene en gaan sit op 'n bak koue water. Dit sal vir die ongemaklikheid help asook die swelling. Jy kan vir vinnige resultate na die tyd, bietjie aalwyn sap smeer aan die rektum wand, as jy kans sien daarvoor, want dit brand 'n bietjie. Maar ek is seker dat jy dit kan hanteer Oom Grobbie.
|