Pantser jou lelie
Pantser Jou Lelie is 'n nuwe komiese kabaret uit die pen van Pierre Louis Le Grange. Hierdie skreeusnaakse teks bied die gehoor 'n pittige en opgewekte kykie in en om die dinge waarmee ou vrou Kotie de Villiers haarself daagliks besig hou. Sy was "mos nie verniet op MK-Kapus met wyse raad vir die jeug nie, hartjie". Bekend vir haar sketskomedie in die nuwe Casper Rasper Weer show, praat die ou pruilbek oor sake van die hart, sake van smart, koeksusters en koekerige suster(sake). Kotie is dalk in jare aangestap maar sy draf oor die verhoog met haar spulse staaltjies en skop steeds na al die jare behoortlik die skaap se boud. Met musiek tussen haar "dentures" en 'n dansie in haar onderrrok word die verhoor vermaak met gestolde grappies en gebakte pere. Kom kyk gerus hoe hierdie ou nooi behoortlik haar vuil wasgoed en bek uitspoel. Tannie Kotie sing graag in herinnering van haar dae as operasangeres paar aria's asook 'n paar meer opgewekte wilpse liedere met Franco Prinsloo wat haar ondersteun as vriend en begeleier.
Tannie Kotie de Villiers, 'n afgetrede internationale operasangeres het verlede jaar tydens Aardklop Nationale Kunstefees by 'n gesogde restaurant in Potchefsroom haar publiek vermaak met 'n kort produksie genaamd "Hier's ek weer". Kotie was onlangs te sien by die Volksblad Nationale Kunstefees waar sy hierdie jaar haar debuut gemaak het met Pantser jou lelie! Lede van die produksie "Boegoe vannie liefde" sal ook vir Tannie Kotie vergesel op de verhoog in 'n musikale keurspel van vreugde vrede en genot.
Pantser jou lelie Borge
|
|
Opkomende Vertonings
Pantser jou lelie
27 Augustus 2010 | 20h00
Klein Cachet Teater, Potchefstroom
Kaartjies beskibaar by PUK Kunste
Tel: 018 299 2844
Pantser jou lelie
28 Augustus 2010 | 20h00
Klein Cachet Teater, Potchefstroom
Kaartjies beskibaar by PUK Kunste
Tel: 018 299 2844
Pantser jou lelie
31 Augustus 2010 | 20h00
Klein Cachet Teater, Potchefstroom
Kaartjies beskibaar by PUK Kunste
Tel: 018 299 2844
|